free website design templates


Hjs toutrek

Welcome to our tug-of-war website!


CONGRATULATIONS TO ALL!!

I was asked to write a small paragraph about the SA Junior Tug-of-War Championships,
but how do you write a small paragraph about something so BIG?

This season was a rollercoaster, starting with the first competition in the last weekend of January and
ending with 2 silver medals on the SA championships mid-March in Worcester.

Our biggest challenge after the 2019 season was to keep tug-of-war alive at Boys High. With only 12 boys moving into the new season, we were challenged to get numbers up. While the boys tried their best within their group of classmates, pamphlets were added in grade 7 school reports and pamphlets were also handed out during open days and in the beginning of the school year. And it paid off! We ended up with a team of 26 boys going to the SA championships!

Al die “nuwe” seuns is egter nie graad 8 seuns nie. Dit was ook verskriklik lekker om ’n paar nuwe seuns uit graad 9, 10 en 11 te verwelkom en sommiges van hulle was ou gesigte wat net weer teruggekom het. Ons hoop daar is n saadjie geplant en dat dit sal groei tot 'n mooi sterk boom.
Ons groet 5 matriek seuns hierdie jaar en wens hulle baie geluk en voorspoed toe vir die toekoms. Ons hoop die hele toutrek ervaring van spanwerk, kameraadskap en goeie sportsmanskap, het bygedra tot die manne wat hulle is en gaan word.
Luan, Henco. Jordan, Simon & Zander, julle was mentors vir baie graad 8 trekkers en julle sal gemis word!


’n Baie groot dankie gaan aan ons afrigters Melt, Christiaan en Philip! 

Dankie Melt vir die ondersteuning en die afrigting van ons gemengde en meisies spanne, wat onder die naam Pêrels trek.

Dankie aan Christiaan wat hierdie jaar uitgehelp het met die juniors en ons verteenwoordig het as beampte. Ons sien uit daarna om jou volgende jaar met die graad 8 en 9’s te sien oefen en 'n 440kg span te bou! 'n Span wat dan verder sal groei tot puik senior trekkers!

Dankie Philip vir al jou tyd, opofferings en harde werk. Danksy jou insette kon ons seuns ’n tweede plek in die 520kg President afdeling asook ‘n tweede plek in die 520kg Premier afdeling behaal. 

Dankie ook aan oom Abri, Philip se springbok afrigter, vir al sy hulp en insette. Dis wonderlik dat hy potensiaal sien in HJS se toutrek span en dat hy bereid is om volgende jaar nog meer betrokke te wees.

Dankie aan die bestuur en ouers vir al die reëlings en ondersteuning. Dankie aan die skool vir al hulle hulp hierdie jaar en ‘n GROOT dankie aan ons borge! Wat is ‘n suksesvolle span sonder ondersteuners?

Ons kon op SA’s sien hoe ander skole en klub spanne op hulle senuwees raak wanneer hulle teen ons moet trek, en in ons opinie, moet hulle nou al begin bibber en bewe vir die 2021 seisoen!!

Just for interest sake, there were more than 300 teams and more than 1 400 participants at the SA Junior Tug-of-War Championships in 2020.
For those who would like to get the feeling of tug-of-war….you are always welcome to contact us and meet the team! 

You can also follow us on Instagram https://www.instagram.com/hjstoutrek/. 



Vrydag: 13ste Maart 2020

07:30 
Spanne tree aan op Toutrekveld vir verwelkoming en skriflesing (Alle trekkers ook die wat onmiddelik daarna begin trek)
Opening: Skoolhoof - Mnr. Athur Underhay
Skriflesing: Hansen Preuss
Nasionale Lied

08:30 
Stewels:
480kg Seuns / 520kg Dogters, gevolg deur
400kg Seuns / 600kg Seuns, gevolg deur
520kg Gemeng
 
16:30
Prysuitdeling, stewels na afloop van byeenkoms

Saterdag: 14de Maart 2020

07:30
Spanne tree aan op Toutrekveld vir verwelkoming (Alle trekkers ook die wat onmiddelik daarna begin trek)

08:30
Stewels:
440kg Dogters / 520kg Seuns, gevolg deur
440kg Seuns, gevolg deur
560kg Seuns / 480kg Dogters

18:30
Prysuitdeling na afloop van byeenkoms

Mobirise

Paarl Paving
Michael Kaden
082.577713
(picture  databank)

Mobirise

DANKIE ouers vir bydares en ondersteuning

Mobirise

Hoër Jongens skool Paarl: dankie vir mannekrag :)

HJS Toutrek - Nuwe Borge en Advertensie borde: 

Indien u sou belangstel om HJS Toutrek te ondersteun met enige borge of donasies, kontak gerus vir Mnr Nollies de Vries by HJS Paarl vir meer inligting.

Vriendelike groete
HJS Toutrek

PBH Tug of war - New Sponsorships and Advertisement boards:

Should you consider to support PBH tug of war with any sponsorship or donations, please contact Mr. Nollies de Vries at PBH for more information.

Kind regards
PBH Tug of war